VRAE EN
ANTWOORDE
-
V.
Wat
is die mens se grootste oordeelsfout ten opsigte van tyd?
-
A. Om
ten opsigte van jou verhouding met God, uit te stel en te dink môre
is nog 'n dag, dan kan ek met God reg maak"
-
-
V. Wat is 'n verdere groot fout wat deur mense gemaak kan word
ten
opsigte van tyd?
-
A.
Om
te dink daar is 'n leeftyd oor om reg te maak met God!
-
-
V.
Wat
is 'n nasie se grootste fout wat hulle kan maak?
-
A.
Om
te dink dat terwyl hulle Godloos en Godtergend lewe, dat God verplig is om
hulle te seën, te
bewaar en te behou. Die geskiedenis bewys dat God nasies vernietig -
is ons nasie 'n
uitsondering?
-
-
V.
Hoe werk God se tyd?
-
A.
God se tyd is altyd nou!
V. Wat is die mikrobestanddeel vir 'n mens se redding van die swaelbrandhel?
A.
Die
Adam-vloekvrye bloed van
Christus wat reinig van alle sonde.
V.
Hoe ervaar 'n mens die
verlossing deur Christus se bloed?
A. Jy erken jy het dit nodig en
vra in geloof Christus om jou Verlosser te word.
V.
Wanneer het iemand
Christus se bloed nodig?
A. Nou!
V.
Wat is die suiwerste definisie van God?
A.
God.
1Joh 4:8.
V.
Wat
is die grootste leemte in 'n mens?
A.
Die gebrek aan God se liefde.
V.
Watter praktiese bewyse bestaan daar van die Bybel se
Goddelike inspirasie?
A1.
Die onuitputlikheid van
die Bybel. Geen
ander boek kan herhaaldelik gelees word en elke keer iets nuuts
voortbring nie, slegs die Bybel het daardie Ingeboude vermoë.
A2.
Argeologiese bewyse. Argeologiese opgrawings saam met
gepaardgaande geskiedenis bevestig herhaaldelik die waarheid en die inspirasie
van die Bybel.
A3. Die eenheid van die Bybel. Verskillende skrywers het
oor die eeue geskryf aan die Bybel, tog is daar 'n wonderlike eenheid in die
Bybel en daarom dat die skrif sê dat die ewige lewe in Christus Jesus te
vinde is.
A4. Die profesieë
van die Bybel. Elke profesie ten
opsigte van Jesus Christus se geboorte is letterlik tot op die letter. Dit kan
nie toevallig gebeur nie en is baie sterk bewys van die Goddelike
inspirasie van die Bybel.
A5. Die onvernietigbaarheid van die Bybel. Alhoewel baie
pogings in die geskiedenis aangewend is om die Bybel te vernietig, kon dit
nooit slaag nie en bly die Bybel beskikbaar. 'n Seker teken van die
Goddelike oorsprong van die Bybel.
V.
Wat kan die Here nie doen
nie?
A. Hy kan nie ‘n mens se sonde
sien as dit onder die bloed van Christus bedek is nie.
V.
Wat is die verlossings aksie van
Jesus Christus se bloed.
A.
a. Dit alleen werk
vergifnis van die mens se sonde by God.
Heb.9:22
b.
Dit reinig
van alle sonde. 1Joh 1:7
c.
Dit maak heilig.
Heb. 13:12.
d. Dit gee lewe.
Joh. 6:54.
e. Dit oorwin satan.
Openb.12:11
V.
Wat is die sonde
teen die Heilige Gees wat jou nie vergewe sal word nie?
A.
Luk12:10
"En
elkeen wat 'n woord teen die Seun van die
mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige
Gees, sal dit nie vergewe word nie."
V.
Wat
is die suiwerste definisie van liefde ?
A.
GOD! (Hy wat nie liefhet nie,
het God nie geken nie, want God is liefde. -
(1Joh. 4:8)
V. Wat is die kragtigste
ondervinding van God se liefde?
A.
In 'n mens se hart!
V. Wat is die dodelikste gebrek wat
'n mens kan ly?
A.
Die gebrek aan God se liefde in
jou hart!
V.
Wat is die mees
belangrike begeerte wat God vir
die mens het?
A.
Dat die mens moet lewe
uit die oorvloed van die lewe wat
God aan 'n mens uit genade
gee. (Joh.10:10)
V.
Is
God se verlossing slegs daarop ingestel
om
die
mens van die hel
alleen te red?
A.
Nee, God se hele
verlossing is vir die hele mens, gees, siel en liggaam.
(1Thes.5:23)
V.
Is daar Bybelse hulp
en verlossing vir die depressiewe persoon?
A.
Ja, alhoewel dit nie
noodwendig 'n kortpad is nie. (Fil:4:13)
V.
Hoe seker kan iemand
wees dat God 'n
depressiewe persoon kan help?
A.
Baie seker, aangesien
God oppermagtig is en Hy
spesialiseer om onmoontlike
dinge reg te kry.
(Matt.19:26)